South Africa West Coast

Pieter Pieterse: Swerwerskos - Hors de worsie


West Coast Explorer
SA West Coast
Information
Accommodation
Tours/Recreation
West Coast Map
Site Map
Nature Reserves
Fossil Park
Sea Tales & Wrecks
Floral Splendour
Birdwatching
Whale Watching
Guriqua History
Cuisine & Recipes
St Helena Bay
Velddrif/Laaiplek
Property Links
Letters/Posklip
Weskus Stories
Webdesign & Hosting
West Coast R27
Route 27
West Coast Towns
Off the Beaten Track
Accommodation
Eat Out List
Arts & Crafts List
Culture & History
From Crayfish to Iron
Horsie de Worsie en ander lekker seekosse"Nou en dan as die see op 'n springty-laagwater vroeg in die môre so doodstil lê...Ai...As dit vir 'n man voel werk sal sonde wees op so 'n dag...

Dan pak die Ingilsman en ek, sommer so, sonder praat, net met 'n kyk na mekaar, die rugsak. Ook 'n roostertjie, vuurhoutjies, allerhande meghêftetjies...'n Duikmes, miskien selfs 'n visstokkie.

Vat die pad, te voet, so al teen die see langs, oor die sand, oor die klippe. Haal 'n dingetjie hier af, en daar, pak in die rugsak..."

'n Hors de Worsie langs die see

swartmossel
periwinkles
alikruk
witmossel
slêks
perdekuile
suurlemoen, bietjie manganaise, sout en peper
Sit die swartmossel en die witmossel op hulle sye op die rooster. Die res van die skulpkos word met hulle openinge na bo gerangskik sodat hulle in hulle eie sous kan simmereer. Wanneer die mossels oopmaak, is hulle ook omtrent al reg. Sodra die wulk en alikruk uit die skulpe geskud kan word, is hulle ook reg. Haal die dermpies as en eet die mossels saam met geurmiddels. As 'n mens natuurlik eers seker gemaak het watter beperkings die wet op die versamel van seegoed plaas...

 

Home   Back to Recipe Index   Swerwerskos Index

Explore the West Coast/Ontdek die Weskus
GuriQua cc ® © ABrand sawestcoast.com