South Africa West Coast

Pieter Pieterse: Swerwerskos - Snoek!


West Coast Explorer
SA West Coast
Information
Accommodation
Tours/Recreation
West Coast Map
Site Map
Nature Reserves
Fossil Park
Sea Tales & Wrecks
Floral Splendour
Birdwatching
Whale Watching
Guriqua History
Cuisine & Recipes
St Helena Bay
Velddrif/Laaiplek
Property Links
Letters/Posklip
Weskus Stories
Webdesign & Hosting
West Coast R27
Route 27
West Coast Towns
Off the Beaten Track
Accommodation
Eat Out List
Arts & Crafts List
Culture & History
From Crayfish to Iron
Snoek: kultuurkos"Snoek is 'n siekte, sê die mense van die Kaap. As die snoek loop, weet almal. Die skuite weet, die voëls weet, die robbe weet, die langanas, die vissmouse weet, die klerk agter elke lessenaar weet, die hele Kaap weet. En dit doen iets aan jou. Vra vir my. Ek weet ook...

Wintertyd. Dis sy tyd. Daardie bokwa met die drakekop en die duiwelstande, die een wat alkant skerpkant is en wat sommer vir jou sê, as hy vat daar onder en dit klink vir daardie verflenterde hande van jou jy het nou die aarde self gehaak. Moeilikheid, boetie. Suiwer moeilikheid..."

Gebakte snoekkuite vir 'n hors de worsie

(Kaapse Kaviaar - spesiaal gekies vir Ansia van Schalkwyk , 'n "Vaalie" met die hart van 'n Weskusser! Groete van Avril)
heel snoekkuite
meel en eier
sout en peper
kookolie
Gee die kuite sout en peper. Doop in meel en dan in geklitste eier. Bak in warm olie.

"'Kuite', se die woordeboek. Maar 'kuire'. Dis hoe ons hier aan die Weskus vir die dik eiersakke sê wat die wyfievis sekere tye van die jaar dra. Net om seker te maak jy verwar hom nie met die stuk vleis wat jy aan die agterkant van jou maermerrie het nie. Tradisie... Hierdie een. Kaapse tradisie. Presies soos waterblommetjies en bokkoms. Net baie meer so."

 

Home   Back to Recipe Index   Swerwerskos Index

Explore the West Coast/Ontdek die Weskus
GuriQua cc ® © ABrand sawestcoast.com